Sowat 39 inwoners van Jeffreysbaai
het 'n openbare vergadering wat op kort kennisgewing by die Newton-saal op
Woensdag 23 Maart op 09:00 gehou is, bygewoon. Die vergadering was
oorspronklik deur die Kouga Besigheidsforum (KBF) benoem om aangeleenthede wat
betrekking het op Jeffreysbaai besighede te bespreek. Na 'n vergadering
tussen die KBF en Jeffreysbaai Inwonersvereniging (JBIV) verlede week, is
besluit om 'n vergadering byeen te roep om samewerking tussen die verskillende
burgerlike groepe in Jeffreysbaai te bewerkstellig. Die vergadering is op
kort kennisgewing geadverteer in Our Times en per e-pos.
Die vergadering is geopen met gebed deur Johann Kleingeld van
die KBF. Trevor Watkins van die JBIV het toe voorgestel dat 'n oorkoepelende
organisasie gestig moet word. Dit sal bestaan uit verskillende groepe, onder
andere inwonersverenigings, besigheidsforums, godsdienstige groepe,
ondersteuningsgroepe, liefdadigheidsorganisasies, gemeenskapspolisiëringsforums
en buurtwag groepe. 'n Voorgestelde naam vir
so 'n organisasie is Jeffreys Bay Action Group / Jeffreysbaai Aksie Groep - of
JAG in kort. Die JBIV sou sy bestaande databasis en
webwerf funksies beskikbaar stel vir kommunikasie en samewerking tussen die
burgerlike organisasies. Die oogmerk is die verskaffing van 'n gemeenskaplike
stem vir Jeffreys Bay inwoners. Hierdie voorstel is
eenparig deur die vergadering aanvaar.
In antwoord op 'n vraag van die vloer, het Watkins beklemtoon
dat JAG 'n burgerlike organisasie sal wees om die gemeenskap in Jeffreysbaai te
verenig. Dit is nie 'n alternatief tot FEKRRA (Federasie van Kouga inwoners- en
belastingbetalersverenigings) nie, maar 'n oorkoepelende liggaam vir alle
organisasies vervat in die groter Kouga
streek.
Watkins het voorgestel dat elke organisasie wat lid is van JAG
sy spesifieke lede met die JBRA sou registreer. 'n Verteenwoordiger van
die organisasie sou namens sy geregistreerde lede by vergaderings van JAG
optree. Na 'n bespreking het die vergadering
besluit dat hierdie meer tegniese aangeleenthede deur 'n tussentydse komitee
uitgewerk moet word.
Die volgende persone ingestem om op te dien op die tussentydse
JAG komitee: -
Benny du Preez, Frans van Eeden, Fanie Heystek, Mercia Ungerer, Johan Kleingeld
en Trevor Watkins.
Deelnemers is toe gevra om gemeenskapsake wat hulle as belangrik
beskou, te identifiseer. JBIV sal hierdie knelpunte oordra aan die Kouga
Munisipaliteit. Dit is gedoen deur voorstelle
op velle papier teen die mure van die saal te skryf. Elke
deelnemer het 3 gompapier kolletjies gebruik om die kwessies wat hulle as die
belangrikste beskou aan te toon. Op hierdie wyse is
'n prioriteitslys van sake wat die sienings van die deelnemers weergee, geskep. Hierdie lys is as volg:
Aangeleentheid en Getal
stemme
Rioolbehandelingsaanleg 11
Herwinning / vullisverwydering 11
Motorwagte / bosslapers 10
Finansiële ongerymdhede 10
Salaris en loon koste 9
Toerisme 8
Kommunikasie met inwoners 5
Herstelwerk en onderhoud 5
Verlies van die blou vlag status 4 Sport by Newton Saal 3
Straatkinders 3
Water tekort / meter lees 3
Karavaan park status 3
Instandhouding van strate en sypaadjies 3
Misdaad en veiligheid 2
Gestremdes toegang tot geboue 2
Lae koste behuising ontwikkelingby C Place 1
Pellsrus braai area camping 0
Toekenning van tenders 0
Noorsekloof 0
Hierdie lys verteenwoordig die prioriteite van die 30 mense wat
die stemproses bygewoon het. Die lys sal ook
gepos word op die webwerf sodat andere hul stemme en kommentaar daarby kan
voeg.
Die tussentydse komitee van JAG sal binne die volgende week
vergader. Alle burgerlike organisasies wat
belangstel om deel te word van hierdie inisiatief is gevra om die JBIV te
kontak by info@jbayra.com,
of by 042 293 1405. 'n Lys van burgerlike
organisasies wat aan die JBRA bekend is is gepubliseer op die webtuiste by
jbayra.com.
|