Joe Ferreira

posted Oct 7, 2011, 8:34 AM by JBay RA

Beste Trevor.

 

Aanvanklik was ek baie skepties gewees oor die stigting van “maar nog net ‘n vereniging.”

Tot my verbasing doen julle baie goed en het die hand op die pols.  Jul verdien ‘n pluimpie hiervoor, “doen so voort”

Ek was vir 20 jaar ‘n munisipale amptenaar (Stadsekretaris) maar het in 1996 uitgeklim en my eie besigheid begin.

Ek was vir 7 jaar in hofgeding met die Kouga Munisipaliteit betrokke oor die verkoop van munisipale grond wat my baie geld gekos het.  Aanvanklik was die Belastingbetalersveniging (FEKRA) ook ‘n party tot die geding, maar het hul onttrek toe die saak op appel gaan.  Die saak is deur Raad en ‘n ene Crouse tot in die Konstitionele Hof gedryf en het ek my saak gewen.  Sal graag eendag die saak met jou wil  deel.

 

Joe Ferreira

Comments