Sonja van Rensburg

posted Oct 9, 2011, 6:50 AM by JBay RA
Hallo oom Frikkie
Hoe gaan dit met tannie Lenie en oom?  Die Van Rensburg is maar soos altyd
in die straat en aan die gang.

Ek is bly om te hoor dat oom by die vergadering van die Inwonersvereniging
was. Ek glo dat ons komitee reeds 'n baie goeie rol speel in die dorp en dat
ons net van krag tot krag kan groei onder die uitstekende leiding van Mnr.
Trevor Watkins.

Soos dit met enige inwonersvereniging gaan, is die sterkte in die ledetal.
So, ek het gewonder of oom vir ons 'n lys van Vriende van Afrikaans se lede
het, sodat ons hulle kan nader om ook lid te word van ons vereniging.  Hoe
sterker die ledetal hoe groter word ons onderhandelings vermoee.

Het Vriende van Afrikaans 'n maandelikse vergadering, waar ons dalk self van
die JBRA kan kom vertel?

Laat my asseblief weet en nogmaals dankie vir die offer van die
klanksisteem.  Ons sal dit baie waardeer.

Groete en hope gesondheid.

Sonja Janse van Rensburg

Comments